Junior Golf

Gholf-sensasie mik na grote

Hy sal teen die wêreld se beste jong spelers te staan kom

24 February 2014

    

DIE jong gholf-sensasie van Kemptonpark, La-Velle “BaBa” Clark-Halket, sal in Julie by die Pine Hurst Golf Resort, North Carolina, VSA, aan die US Kids Major World Championships deelneem.

Sy spel en tweede plek by die wêreldkampioenskappe in Maleisië laasjaar het hom vir die US Major Kids World Championships laat kwalifiseer, waar hy teen die wêreld se beste jong spelers te staan sal kom.

“BaBa” het ook vir die Skotland-toer einde Mei gekwalifiseer, maar hy sal nie deelneem nie omdat die US Major Championship die grote is waarvoor hy jag.

Sover die jaar op die SA Kids-toer sit BaBa tweede op die ranglys. Hy het die eerste toernooi van die nuwe seisoen by Benoni Buiteklub gewen en was tweede by Waterkloof en derde by die onlangse toernooi op Glen Vista.

http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/kempton-park/kempton-park-news-sport?oid=8159020&sn=Detail&pid=null&Gholf-sensasie-mik-na-grote

 

Share Button

Jonges droom net gholf

Hulle het by die SA Kids Golf presteer

09 July 2013

    

Jonges droom net gholf - SA Kids GolfTWEE graad 2 seuns droom van gholf terwyl ander skoolkinders vakansie hou.

La-Velle Clark-Halket het ‘n tweede plek by die SA Kids Junior Tour gekry en Corne Jansen was agste. Beide is in Laerskool Kruinsig.

Hulle het by Wingate Buiteklub in Pretoria teen meer as 30 spelers in die ouderdomskategorie 7-8 jaar van regoor Suid-Afrika meegeding.

La-Velle het ‘n syfer van 44 gespeel wat hom in die tweede plek gesit het vir die dag. Corne het 51 geslaan en het ‘n agste plek gekry.

La-Velle se pa, Leslie Clark-Halket, sê vandat Eben Uys hierdie twee Kruinsig-mannetjies afrig, het hulle al groot name op die SA Kids Tour geklop.
La-Velle, wat ‘n lid is by Avionpark is, speel elke Saterdag kompetisie saam die groot manne. So ook Corne wat by Benoni speel.

Benewens dit is die twee elke dag by Living Waters Driving Range om te oefen.

Die volgende toernooi waaraan die twee gaan deelneem is op 21 Julie en in Augustus is dit die Africa Junior Challenge by Zebula Country Club, waar daar 52 lande oor vyf dae sal meeding.

 

http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/kempton-park/kempton-park-news-sport?oid=7600242&sn=Detail&pid=490123&Jonges-droom-net-gholf

Share Button
News
Videos